July 2011
29 posts
1 tag
The brand new 2012 VW Beetle:
Witboy in Afrika
Deon Maas se Witboy in Afrika kan net sowel “Dagboek van ‘n kakmaker” genoem word. Maas is ‘n bekende (en kontroversiële) joernalis, TV-persoonlikheid en skrywer wat sy beste reisverhale in die debuut saamgevat het. Hy was moeg om die stories oor en oor vir sy vriende te vertel, en het partymaal vergeet dat hy alreeds die stories vertel het. As leser moet jy in ag neem dat...
Onderhoud met 'n klip:
Vriendelik groet ek die beeld met ‘n glimlag op my gesig, hoopvol op ‘n suksesvolle gesprek. Ek moet ‘n profiel onderhoud met hom doen. Ek moet hom uitvra oor sy werk en sy stokperdjies, wat hom afsit van studente en hoe hy sy studentelewe ervaar het. Sy arm staan uitgestrek en stil, geoefen om almal te groet wat hom nader. Hy bly afkyk terwyl ek myself voorstel. Die...
Vermis/Verdrink: Angsboodskap
Vermis:
op Duncan straat
het jy jouself bevind.
En gevind dat die wêreld
verlore is.
Op ‘n kruising
het ‘n groen kar moeg geluier,
en stadig die lig oorgesteek.
Sonder om te huiwer
verder weggery.
Verdrink:
Jy is ‘n joernaal
op ‘n seekoets
wat in steke
weekliks geweef is.
Jou verhaal
op strand geoes.
Twee weke
na jy van die wereld
vergeef is.
My oggend:
Niks is goed nie,
en ek is goed vir niks.
Alkohol in my are
en ‘n lekker lang pis.
The Tuks FM News Team gettin’ their funk on
5 tags
Die boeties is terug!
Die boeties is terug! En hulle mag dalk net jou meisie, ma en sussie se gesprekke oorheers. Locnville se nuwe album Running to Midnight het die winkelrakke op 1 Julie bereik, en slegs vier dae na die uitreik het dit al die Top 20 van die Suid Afrikaanse Album charts verskyn. Die twee Chaplin broers se musiek het gegroei van Sun in My Pocket, en hulle het kritiek en raad opgeneem en gesorg dat die...