August 2011
26 posts
Gedig aan #021
Die stad is gedek
en swart.
Die mis oor die berg
kombers oor my hart.
10 Minutes with Sum41 - My interview:
Na ‘n baie lang vlug en ‘n vinnige middagslapie, word die manne wakker in hul hotel. Hulle het ‘n sononder verwag wat op poskaarte van Afrika pryk. Wat hulle egter gekry het is ‘n parkeerarea onder die hotel, karre wat raas en die reuk van ‘n stad. Dit is duidelik dat hulle nie Suid Afrika toe gekom het om vakansie te hou nie. Hulle eerste vertoning by Durban is gekanselleer weens...
1 tag
Vermis/Gevind
Ek sit my vorige gedig oor Duncan Allan saam met die nuwe een op. Allan is vandag dood in sy kar net buite Pretoria gevind. Hy het vermoedelik selfmoord gepleeg. Innige meegevoel met familie en vriende.
Vermis:
op Duncan straat
het jy jouself bevind.
En gevind dat die wêreld
verlore is.
Op ‘n kruising
het ‘n groen kar moeg geluier,
en stadig die lig oorgesteek.
Sonder om te huiwer
...
1 tag
July 2011
29 posts